SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2A changing approach to social responsibility: A historic-normative case study of the North-West University (Potchefstroom Campus)A critique of social marketing in the non-profit development sector índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

OTTO, H.  e  FOURIE, L.M.. Kommunikatiewe aksie: Die dialogiese benadering tot deelnemende kommunikasie vir sosiale verandering volgens Habermas en Freire. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.217-239. ISSN 2304-8557.

Na bykans vier dekades is daar nog steeds nie eenstemmigheid in die deelnemende kommunikasieveld vir sosiale verandering oor presies wat deelname behels of hoe dit prakties toegepas behoort te word nie (cf. Jacobson & Storey, 2004; Chambers, 1994; Melkote & Steeves, 2001; Rogers, 1976; Lerner, 1964; Schramm, 1964 Servaes, 1995). Die gevolg is dat daar nog baie min geteoretiseer is binne die veld van deelnemende kommunikasie vir sosiale verandering. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid dat deelnemende kommunikasie in die vorm van Habermas se "ideale spraaksituasie" as uitgangspunte vir die definiëring van deelname gebruik kan word. In hierdie "ideale spraaksituasie" word persone as kommunikeerders waardevol geag en nie slegs as objekte beskou nie (cf. Habermas, 1984; 1987; 1989). Ooreenstemmend met Freire se liberale pedagogie van ontwikkelings-kommunikasie, word die praktyk van dialogiese kommunikasie of intersubjektiewe kommunikasie as die regstelling van die deelnemende karakter van deelnemende kommunikasie geag (cf. Freire, 1970). Vir albei teoretici kan transformatiewe aksie slegs in reflektiewe en kollektiewe linguistiese kontekste plaasvind. Hier moet die normatiewe dimensies van waarheid (logos), geregtigheid (ethos) en opregtheid/empatie (pathos) tydens die ontwikkelingsdiskoers gestel, getoets en eindelik aanvaar word. Veral in 'n geglobaliseerde wêreld en in 'n gefragmenteerde, post-bourgeoisie publieke sfeer waar debat tussen ontwikkelingsrolspelers toenemend gemarginaliseerd en instrumenteel word, asook progressief minder toeganklik en deelnemend vir die samelewing is, is geleenthede vir toe-ganklike en onbelemmerde debat des te meer nodig. Gebaseer op die beskikbare analises van die ontwikkelingskommunikasie-literatuur, stel hierdie artikel voor dat die gekose dialogiese benaderings dieselfde kommunikasiegedrag veronderstel - dit wil sê wat aksie-teoreties van aard is eerder as wat dit 'n spesifieke paradigma of denkskool verteenwoordig. Hiervolgens kan die definisie van deelnemende ontwikkelingskommunikasie vir doeltreffende sosiale verandering in 'n post-1994 Suid Afrika verfyn word.

Palavras-chave : dialoog; Freire; Habermas; kommunikatiewe aksie; ontwikkelende demokrasie; postapartheid Suid-Afrika; publieke sfeer.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons