SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue1-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

OTTO, H.  and  FOURIE, L.M.. Kommunikatiewe aksie: Die dialogiese benadering tot deelnemende kommunikasie vir sosiale verandering volgens Habermas en Freire. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.217-239. ISSN 2304-8557.

Na bykans vier dekades is daar nog steeds nie eenstemmigheid in die deelnemende kommunikasieveld vir sosiale verandering oor presies wat deelname behels of hoe dit prakties toegepas behoort te word nie (cf. Jacobson & Storey, 2004; Chambers, 1994; Melkote & Steeves, 2001; Rogers, 1976; Lerner, 1964; Schramm, 1964 Servaes, 1995). Die gevolg is dat daar nog baie min geteoretiseer is binne die veld van deelnemende kommunikasie vir sosiale verandering. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid dat deelnemende kommunikasie in die vorm van Habermas se "ideale spraaksituasie" as uitgangspunte vir die definiëring van deelname gebruik kan word. In hierdie "ideale spraaksituasie" word persone as kommunikeerders waardevol geag en nie slegs as objekte beskou nie (cf. Habermas, 1984; 1987; 1989). Ooreenstemmend met Freire se liberale pedagogie van ontwikkelings-kommunikasie, word die praktyk van dialogiese kommunikasie of intersubjektiewe kommunikasie as die regstelling van die deelnemende karakter van deelnemende kommunikasie geag (cf. Freire, 1970). Vir albei teoretici kan transformatiewe aksie slegs in reflektiewe en kollektiewe linguistiese kontekste plaasvind. Hier moet die normatiewe dimensies van waarheid (logos), geregtigheid (ethos) en opregtheid/empatie (pathos) tydens die ontwikkelingsdiskoers gestel, getoets en eindelik aanvaar word. Veral in 'n geglobaliseerde wêreld en in 'n gefragmenteerde, post-bourgeoisie publieke sfeer waar debat tussen ontwikkelingsrolspelers toenemend gemarginaliseerd en instrumenteel word, asook progressief minder toeganklik en deelnemend vir die samelewing is, is geleenthede vir toe-ganklike en onbelemmerde debat des te meer nodig. Gebaseer op die beskikbare analises van die ontwikkelingskommunikasie-literatuur, stel hierdie artikel voor dat die gekose dialogiese benaderings dieselfde kommunikasiegedrag veronderstel - dit wil sê wat aksie-teoreties van aard is eerder as wat dit 'n spesifieke paradigma of denkskool verteenwoordig. Hiervolgens kan die definisie van deelnemende ontwikkelingskommunikasie vir doeltreffende sosiale verandering in 'n post-1994 Suid Afrika verfyn word.

Keywords : dialoog; Freire; Habermas; kommunikatiewe aksie; ontwikkelende demokrasie; postapartheid Suid-Afrika; publieke sfeer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License