SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

KLOPPERS, E.M.  y  FRONEMAN, J.D.. 'n Veranderende benadering tot sosiale verantwoordelikheid: 'n Histories-normatiewe gevallestudie oor die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.197-216. ISSN 2304-8557.

Die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) het oor etlike dekades heen korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsprogramme (KSV) in sy omgewing as 'n regstreekse uitvloeisel van sy Christelike karakter bedryf. Met die PU vir CHO se samesmelting in 2003 om die Noordwes-Universiteit (NWU) te word in 2004, (waarby die PU vir CHO ingelyf is), het die programme op die Potchefstroomkampus van die NWU voortgegaan, maar nou nie meer gegrond op sy Christelike karakter nie. Die nuwe universiteit het wel 'n "waardegedrewe" benadering aanvaar. Hierdie normatiewe verandering asook die veranderende posisionering van sosiale verantwoordelikheid deur die Universiteit word in hierdie artikel nagespeur. Daar is bevind dat die normatiewe uitgangspunte van die NWU nog glashelder aan sy gemeenskapsaktiwiteite gekoppel moet word. Verder word geargumenteer dat die formele KSV-aktiwiteite duidelik van normale kerntake en studente-aktiwiteite onderskei moet word, én dat die hoogs problematiese ineenvloeiing van winsgenererende aktiwiteite en gemeenskaps-projekte ontrafel moet word. Die bydrae van borge moet te alle tye duidelik gestel word. Gelukkig blyk dit uit ontwikkelings laat in 2008 dat sommige van die belangrikste probleemareas wel aandag geniet en 'n nuwe benadering tot gemeenskapsbetrokkenheid sy beslag kry. Daardeur sal die NWU potensieel reg laat geskied aan sowel die regering se beskouing van KSV asook die NWU se sogenaamde doenwaardes én sy steeds ontwikkelende filosofie van "gemeenskapsverbintenis".

Palabras clave : korporatiewe sosiale verantwoordelikheid; Noordwes-Universiteit; Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons