SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

FOURIE, P.J.. Kommunikasiekunde in Suid-Afrika: Die begin, die hede en uitdagings vir die toekoms. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.175-195. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel is gebaseer op die Gert Pienaar-gedenklesing wat op 27 Augustus 2009 deur die outeur van hierdie artikel in die Skool vir Kommunikasiestudies van die Noordwes-Universiteit gelewer is. Wyle professor Gert Pienaar was vyftig jaar gelede die stigter van Kommunikasiewetenskap (toe Perswetenskap) in Suid-Afrika. Behalwe om hulde aan professor Pienaar te bring, was die doel van die lesing en die doel van hierdie artikel om die hoofstroomnavorsingsparadigmas wat kommunikasienavorsing die afgelope vyftig jaar in Suid-Afrika gerig het, kortliks weer te gee. Dit is naamlik, die positivistiese paradigma (of die bestuursparadigma) en die kritiese paradigma. In hierdie artikel word aangevoer dat normatiewe vrae oor die rol en funksies van die media in die samelewing hierdie paradigmas onderlê. Teen die agtergrond van nuwer paradigmas, soos die postmoderne en die postkoloniale paradigmas, word die toepasbaarheid en die relevansie van ou normatiewe mediateorieë in 'n nuwe samelewing en in 'n nuwe medialandskap bevraagteken en die Westerse bevooroordeeldheid daarvan beklemtoon. Teen hierdie agtergrond word vier navorsingsgebiede vir toekomstige Suid-Afrikaanse kommunikasienavorsing belig: fundamentele navorsing oor nuwe media, ontwikke-lingskommunikasienavorsing vanuit 'n Afrikaperspektief, kommunikasiebeleidsnavorsing, en navorsing oor die verinheem-sing van massakommunikasieteorie.

Palabras clave : inheemse teorie; kommunikasiebeleid; massakommunikasie; navorsingsparadigmas; normatiewe mediateorie; nuwe media; ontwikkelingskommunikasie; verinheemsing van teorie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons