SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue1-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

FOUCHE, J.P.. Moderne (finansiële) slawerny. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.139-167. ISSN 2304-8557.

Daar is waarskynlik nie een persoon wat deur die huidige internasionale finansiële krisis onaangeraak is nie. Om die onlangse gebeure te verstaan, word die onderliggende redes vir die krediet- en uitgebreide finansiële krisis ontleed en in verband met slawerny gebring. Die artikel skets hierdie aspekte in 'n internationale lig, maar toon ook telkens die Suid-Afrikaanse omstandighede. Uit die artikel blyk dit dat dieselfde dryfveer wat mense gemotiveer het om slawerny toe te pas, ook vandag nog groot korporasies en selfs individue motiveer om 'n groot deel van die bevolking vasgevang te hou in 'n spiraal van toenemende verbruikersbesteding. Die verbruikersbesteding word gefinansier deur persone wat meer van hulle vrye tyd vir betaling aanbied of meer krediet opneem. Uit die roekelose wyse waarop krediet geadverteer word, blyk dit dat daar min respek of bekommernis oor die welstand van diegene is wat in die skuldweb vasgevang word. Vooruitsigte word geskep rondom die afskaffing van finansiële slawerny en enkele aanbevelings vir die hantering van skuld word aangesny. Die navorsing sluit af met 'n oproep aan die kerk om ernstig tot die debat toe te tree.

Keywords : finansieel; krisis; skuld; slawerny.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License