SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN DER WALT, J.L.; POTGIETER, F.J.  y  WOLHUTER, C.C.. Onderwysersopleiding in Suid-Afrika: Leersame aspekte van ander stelsels. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.87-115. ISSN 2304-8557.

Onderwysersopleiding in Suid-Afrika, as 'n onderdeel van die land se onderwysstelsel, is sedert 1994 onderworpe aan radikale hervorming, as deel van die algehele rekonstruksie van die samelewing. Beraadslaging oor hierdie faset van die stelsel het uitgeloop op 'n aantal betekenisvolle publikasies sowel as veranderings in die praktyk daarvan. Die vraag ontstaan egter of die Suid-Afrikaanse teorie en praktyk met betrekking tot onderwysersopleiding enigiets kan leer uit die stelsels en praktyke van ander lande. Om hierdie vraag te beantwoord, is 'n vergelykende ondersoek van stapel gestuur wat die onder-wysersopleidingstelsels van tien ander lande of deelstate behels het, insluitend dié van twee ontwikkelende lande. Die vergelyking is gebaseer op 'n filosofies-teoretiese raamwerk. Die vergelyking toon dat die Suid-Afrikaanse onderwysersoplei-dingstelsel ten opsigte van teorie en praktyk inderdaad goed met dié van ander vergelyk, maar ook dat daar enkele leemtes in die teorie en praktyk van die Suid-Afrikaanse sowel as ander stelsels bestaan.

Palabras clave : onderwysersopleiding; onderwysstelsel; vergelykende opvoedkunde.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons