SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue1-2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DE FREITAS, S.. Geloof en regsfilosofie: 'n begripsmatige raamwerk vir Christelike vakkundigheid in voorgraadse regsopleiding. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.43-65. ISSN 2304-8557.

Regsopleiding in Suid-Afrika het by 'n diskursiewe tydstip gekom wat duidelikheid vereis oor wat die "doel" van regsopleiding behoort te wees. Debat oor die doel van regsopleiding, meer spesifiek vir die Christen-regstudent, word veral belangrik in 'n nuwe samelewing wat oorheers word deur positivisme, materialisme en pragmatisme. Met spesifieke verwysing na die voorgraadse Christen-regstudent, maak hierdie artikel dit eerstens duidelik dat die doel van regsopleiding die koestering van die student se geloof behoort in te sluit - geloof wat sy/haar grondliggende perspektief(we) oor die werklikheid omvat. Tweedens, ten einde die behoorlike koestering en ontwikkeling van die Christen-regstudent se geloof moontlik te maak, word die belangrikheid van die onderrig van regsfilosofie duidelik gemaak. In hierdie verband word voorstelle wat spesifiek verband hou met maniere waarop sodanige koestering en ontwikkeling van die voorgraadse Christen-regstudent se grondliggende geloof bereik kan word, gepostuleer.

Keywords : Christelike onderwys; regsfilosofie; regsopleiding; universiteit.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License