SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN ROOYEN, B.  e  BEUKES, R.B.I.. Interpretasie van geestelike wessyn in verwantskap met positiewe sielkunde en godsdiens. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.23-42. ISSN 2304-8557.

Geestelike welsyn, as "nuwe" konsep en geplaas binne die kader van positiewe sielkunde, is 'n aanduider met 'n (geskied-kundige) storie. Een moontlike vertolking hiervan kan in hierdie postmodernistiese (de)konstruktiewe verhaal neerslag vind. Die konstruksie van "geestelike + welsyn" kan geï "vertel" word as 'n sekularisering van die godsdienstige dnterpreteer ofeur positivistiese, psi-komplekse vorme van kennis, met geestelike welsyn wat verklaar word as 'n meetbare uitkoms. Dit sou ook voorgestel kon word as 'n "vergeesteliking" van die psi-kompleks deur vorms van geestelike kennis, met meetbare welsyn wat afhanklik raak van die navolging van die postmoderne, veelvuldig-verhaalde geestelike/godsdienstige. Aangesien die psi-kompleks die klemverskuiwing in die mediese veld gevolg het van 'n fokus op patologie na 'n fokus op holistiese welsyn, het dit die terrein van die godsdienstige betree - en hierdie terrein die sentrale punt van belangstelling gemaak, terwyl dit terselfdertyd die terrein gemarginaliseer het. Met die wegbeweeg van die meting van siekte na die meting van welsyn, kan dit dus beskryf word dat nuwe kategorieë van nie-welsyn of "siekwees" hierdeur gekonstrueer is.

Palavras-chave : geestelike welsyn; godsdiens; positiewe sielkunde; psi-kompleks.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons