SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN ROOYEN, B.  y  BEUKES, R.B.I.. Interpretasie van geestelike wessyn in verwantskap met positiewe sielkunde en godsdiens. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.23-42. ISSN 2304-8557.

Geestelike welsyn, as "nuwe" konsep en geplaas binne die kader van positiewe sielkunde, is 'n aanduider met 'n (geskied-kundige) storie. Een moontlike vertolking hiervan kan in hierdie postmodernistiese (de)konstruktiewe verhaal neerslag vind. Die konstruksie van "geestelike + welsyn" kan geï "vertel" word as 'n sekularisering van die godsdienstige dnterpreteer ofeur positivistiese, psi-komplekse vorme van kennis, met geestelike welsyn wat verklaar word as 'n meetbare uitkoms. Dit sou ook voorgestel kon word as 'n "vergeesteliking" van die psi-kompleks deur vorms van geestelike kennis, met meetbare welsyn wat afhanklik raak van die navolging van die postmoderne, veelvuldig-verhaalde geestelike/godsdienstige. Aangesien die psi-kompleks die klemverskuiwing in die mediese veld gevolg het van 'n fokus op patologie na 'n fokus op holistiese welsyn, het dit die terrein van die godsdienstige betree - en hierdie terrein die sentrale punt van belangstelling gemaak, terwyl dit terselfdertyd die terrein gemarginaliseer het. Met die wegbeweeg van die meting van siekte na die meting van welsyn, kan dit dus beskryf word dat nuwe kategorieë van nie-welsyn of "siekwees" hierdeur gekonstrueer is.

Palabras clave : geestelike welsyn; godsdiens; positiewe sielkunde; psi-kompleks.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons