SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 número1-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

FRONEMAN, W.. Die soeke na die onsegbare: oor die mite van musiek as die absolute. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.1-2, pp.1-22. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel poog om konneksies tussen religieuse en musiek-estetiese beskouings oor die onsegbare uit te wys en te kritiseer, deur die gebruik van die term in onderskeidelik neo-platoniese en romantiese denke te ondersoek. Die sentrale hipotese is dat 'n diskoers rondom die onuitspreeklike dikwels op teologiese uitgangspunte moet steun en gevolglik, dat die romantiese estetika geïnterpreteer kan word in 'n nóú verbintenis met teologiese denke, ten spyte van 'n amper desperate poging tot die teendeel. Met Plotinus se beskouing oor die verhouding tussen die "Een" en die "Intellek" as model, word aangetoon dat die romantiese beskouing van die absolute 'n mistasting is. Daar word daarop gewys dat bewerings oor die onsegbaarheid van musiek nie alleen musiek as die absolute daarstel nie, maar dat 'n kwasi-religieuse gesag daardeur aan musiek verleen word. Gevolglik het 'n onbegronde sekulêre geloof in die krag van musiek ontstaan en in die vermoë van die komponis-god om die mensdom na die waarheid te lei. Deur die mites rondom die onsegbaarheid van musiek uit te wys, word die weg gebaan vir 'n gedetransendentaliseerde beskouing van musiek met uitvoering as die primêre fokus.

Palavras-chave : absolute musiek; onsegbare; Plotinus; romantiek.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons