SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VERMEULEN, L.. Evaluering van die e-gereedheid van web-gerugsteunde leerfasiliteerders: Kern menslike faktore. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.793-813. ISSN 2304-8557.

Hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar verskeie veranderings ondergaan. Hierdie veranderings het onder andere veranderde werksomgewings en veranderde werksvereistes teweeg gebring. Een van hierdie veranderde werksvereistes is die gebruik van tegnologie in leer en onderrig, naamlik e-leer. Alle posbekleërs het egter nie noodwendig saam met die pos verander nie. Waar daar 'n tekort aan e-gereedheid ervaar word, sal die effektiwiteit waarmee die aka-demiese personeellid sy/haar aanlyntake vervul, beïnvloed word en daarom is dit belangrik om oplossings vir die gebrek aan e-gereedheid te vind. Hierdie artikel fokus op die rol van prestasie-evaluering met die doel om die e-gereedheid van 'n aanlyn-leerfasiliteerderte evalueer ten einde sy/haar vaardighede en kapasiteit te verbeter. 'n Aantal menslike faktore wat 'n rol kan speel in 'n werk-nemer se prestasie-evaluering en -motivering, naamlik leerstyle, persoonlike werksprofiele en die pas en styl waarmee 'n werknemer aanpas by die gebruik van tegnologie, sal kortliks uiteengesit word met die doel om die rol wat hierdie faktore in die evaluering van e-gereedheid van 'n web-gerugsteunde leerfasiliteerder speel, te bepaal.

Palavras-chave : e-gereedheid; kern menslike faktore; menslike hulpbron: prestasie-evaluering; personeelmotivering; tegnologie-aanpassing; web-gerugsteunde leerfasiliteerders.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons