SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN SCHALKWYK, D.. Institusialisme: 'n Oorsig van die formulering van die taxiherkapitaliseringsbeleid. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.771-791. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel verskaf 'n oorsig hoe die Suid-Afrikaanse regering die taxiherkapitaliseringsbeleid geformuleer het. Die regering beoog om met behulp van die herkapitaliseringsbeleid die land se minibus taxibedryf te reguleer. Die doel van die artikel is om, tesame met 'n kort oorsig van die sosiale en polities-historiese konteks van die beleid, te beklemtoon hoe die regering 'n sogenaamde benadering van institusialisme tydens die formulering van die herkapitaliseringsbeleid gevolg het. Die minibus taxibedryf vervul sedert die sewentigerjare 'n belangrike rol as gevolg van 'n skuiwergat in die wetgewing van die voormalige apartheidsregering. Dit is tans die toeganklikste vorm van openbare vervoer met 65 persent van die land se pendelaars wat verkies om met minibus taxi's te pendel. Dit is dus belangrik dat die regering die bedryf in ag neem indien beleide gerig op die openbare vervoerstelsel geformuleer word. Die bedryf word egter deur verskeie probleme in die gesig gestaar. Probleme sluit onder andere 'n hoë ongeluksyfer, onpadwaardige voertuie en geweld in. Die regering het, in 'n poging om hierdie probleme in die bedryf te hanteer, sowel die oorspronklike en hersiene weergawes van die herkapitaliseringsbeleid geformuleer. Hierdie formuleringsproses het egter nie sonder probleme verloop nie aangesien die regering 'n tipiese benadering van institutialisme gevolg het. Die regering het byvoorbeeld sy eie belange voorop gestel en versuim om die relevante rolspelers by die proses te betrek of voldoende te raadpleeg.

Keywords : beleidsformulering; institutialisme; minibus taxi; openbare beleid; taxiherkapitalisering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License