SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número4Africa: Signs of hope?Project governance: Selected South African government experiments índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

HEYDENRYCH, P.W.. Verdieping van demokrasie en versterking van multivlakregering: Tekortkomings en vooruitsigte vir plaaslike regeringswykskomitees in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp. 701-728. ISSN 0023-270X.

Die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringstelsel openbaar verskeie tekortkomings. Twee spesifieke aspekte is plaaslike regering se rol in die verdieping van deelnemende demokrasie en plaaslike regering se posisie in 'n stelsel van multivlak regering. In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat 'n gebrek aan diepte en gehalte in plaaslike demokrasie gevolglik ook die stelsel van interowerheidsverhoudings kompromitteer. Teen hierdie agtergrond word ondersoek ingestel na beskouings van deelnemende demokrasie as teoretiese agtergrond waarna aandag geskenk word aan die ontwikkeling van die wykskomiteestelsel en die tekortkomings word ook aangedui. Ten einde die meganisme van plaaslike deelname te kontekstualiseer, word enkele internasionale voorbeelde van plaaslike deelname oorweeg en ook aangedui wat die tekortkomings en positiewe aspekte in daardie gevalle is. Die Suid-Afrikaanse stelsel van interowerheidsverhoudings word ondersoek om die belang van plaaslike regering en openbare deelname daarin aan te dui, waarna voorstelle aan die hand gedoen word om openbare deelname in plaaslike regering te verbeter ten einde aan die vereistes van demokrasie te voldoen en ook om sodoende die stelsel van interowerheidsverhoudings te versterk en te legitimeer.

Palavras-chave : demokrasie; interowerheidsverhoudings; openbare deelname; plaaslike regering.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License