SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

HEYDENRYCH, P.W.. Verdieping van demokrasie en versterking van multivlakregering: Tekortkomings en vooruitsigte vir plaaslike regeringswykskomitees in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.701-728. ISSN 2304-8557.

Die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringstelsel openbaar verskeie tekortkomings. Twee spesifieke aspekte is plaaslike regering se rol in die verdieping van deelnemende demokrasie en plaaslike regering se posisie in 'n stelsel van multivlak regering. In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat 'n gebrek aan diepte en gehalte in plaaslike demokrasie gevolglik ook die stelsel van interowerheidsverhoudings kompromitteer. Teen hierdie agtergrond word ondersoek ingestel na beskouings van deelnemende demokrasie as teoretiese agtergrond waarna aandag geskenk word aan die ontwikkeling van die wykskomiteestelsel en die tekortkomings word ook aangedui. Ten einde die meganisme van plaaslike deelname te kontekstualiseer, word enkele internasionale voorbeelde van plaaslike deelname oorweeg en ook aangedui wat die tekortkomings en positiewe aspekte in daardie gevalle is. Die Suid-Afrikaanse stelsel van interowerheidsverhoudings word ondersoek om die belang van plaaslike regering en openbare deelname daarin aan te dui, waarna voorstelle aan die hand gedoen word om openbare deelname in plaaslike regering te verbeter ten einde aan die vereistes van demokrasie te voldoen en ook om sodoende die stelsel van interowerheidsverhoudings te versterk en te legitimeer.

Keywords : demokrasie; interowerheidsverhoudings; openbare deelname; plaaslike regering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License