SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

KIRSTEN, J.F.. Afrika: Tekens van hoop?. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp.687-700. ISSN 2304-8557.

Die aanbreek van die 21e eeu het nuwe hoop en vooruitsigte vir Afrika se leiers en sy mense gebring. Die eerste tekens van 'n verandering het na vore begin tree teen die einde van die laaste dekade van die 20e eeu. Dit het gemanifesteer in beter ekonomiese groeikoerse in talle Afrikastate, in pro-demokrasiebewegings wat in een na die ander staat daarin geslaag het om outoritêre bewinde te vervang, en deur die feit dat talle van Afrika se ergste oorloë begin taan het en selfs stopgesit is. Die resultate van hierdie studie bevestig dat bogenoemde positiewe politieke, ekonomiese en konfliktendense inderdaad besig is om plaas te vind. Dit verteenwoordig 'n belangrike en betekenisvolle verloop van gebeure, veral gegewe die bekende politieke en ontwikkelingsdilemma waarin Afrika hom sedert sy toetrede tot die internasionale politiek bevind. Die groter doelgerigtheid wat tans onder Afrikaleiers heers, asook 'n duideliker behoefte by gewone Afrikane om groter beheer oor hulle lewe en omstandighede te probeer verkry, is bemoedigend. Hierdie veranderde gesindheid het onder andere uitdrukking gevind in die Nuwe Bondgenoodskap vir Afrika se Ontwikkeling (NEPAD). Dit is betekenisvol en voorspel goeie dinge vir die toekoms. Met Afrika moet egter versigtig omgegaan word en daar moet gewaak word teen ooroptimisme en die oordrewe verwagting dat Afrika nou op 'n trajek van volgehoue vooruitgang en vrede is. Oor Afrika kan daar nie veralgemeen word nie - daarvoor is die kontinent uit 'n geografiese, kulturele, ekonomiese en politieke oogpunt net té groot en divers.

Keywords : Afrika; demokratisering; oorlog, grootskaalse; politieke en ekonomiese tendense; transformasie, politieke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License