SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue4The Polokwane conference and South Africa's second political transition: Tentative conclusions on future perspectivesAfrica: Signs of hope? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. Perspektiewe vir 'n normatiewe politiek: Die boodskap van die Instituut vir Reformatoriese Studie (IRS) tydens 'n stormagtige staatkundige tydperk (1976-1996) in Suid-Afrika. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.4, pp. 651-686. ISSN 0023-270X.

Hierdie artikel het 'n tweevoudige doel. In die eerste plek ondersoek dit die politieke boodskap van die IRS gedurende die periode van ongeveer 1976 tot 1996 asook die betekenis daarvan vir die huidige politieke bestel in Suid-Afrika. In die tweede plek voorsien dit die resultate van 'n bibliografiese ondersoek na IRS-publikasies oor politiek en aanverwante sake. Die eerste (sistematiese) gedeelte begin met die lewensbeskoulike grondslae van 'n Christelike perspektief op politiek. Daarna word die waarde van 'n struktuuranalise van die staat in detail verduidelik. Dié gedeelte sluit af met enkele riglyne oor hoe dié visie deur politieke aksie verwesenlik kan word. In die tweede (bibliografiese) afdeling is die materiaal (om die historiese lyn te kan aantoon) kronologies weergegee en die verskillende IRS-reekse word (met die oog op verdere navorsing) ook afsonderlik weergegee.

Keywords : amp; gesag en mag; burgers (onderdane); Instituut vir Reformatoriese Studie; owerheid (regering); politiek: Christelike/normatiewe; staat.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License