SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

KRUGER, E.  e  RUTGERS, L.. Die integrasie van humoristiese tekste by taalonderwys om studente se emosionele geletterdheid te ontwikkel: 'n gevallestudie. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.549-588. ISSN 2304-8557.

Die aanwending van humoristiese tekste om emosionele geletterdheid by die onderrig van Afrikaans te integreer, kan bydra tot die ontwikkeling van taalonderwysstudente (as leerders) se estetiese sensitiwiteit in verskillende sosiale kontekste. Dit beteken dat studente deur middel van humoristiese tekste kan leer om begrip en waardering vir tale te toon, asook vir die kulturele erfenis wat daardeur oorgedra word. Verder bied dit aan die betrokke studente geleenthede om skeppend en verbeeldingryk met mondelinge, visuele en geskrewe tekste om te gaan. Die artikel illustreer hoe die integrasie van humoristiese tekste in die onderrig van Afrikaans nie alleen 'n teoretiese begronding in responsiewe onderwys het nie, maar in ooreenstemming is met die doelstellings van die Suid-Afrikaanse beleidsdokumente. Aan die hand van 'n literatuuroorsig konsentreer die outeurs van hierdie artikel op die verband tussen humor en verskeie faktore wat leerders se affektiewe belewenis binne die konteks van die taalklaskamer beïnvloed. Daarword op navorsingsresultate gefokus wat toon dat die gebruik van humoristiese tekste studente (as leerders) se houding en motivering om kreatief en konstruktief aan taalaktiwiteite deel te neem, kan verhoog. Aandag word ook gegee aan die verband tussen verskillende persoonlikheidstipes (op kognitiewe styl gebaseer) en humor. Die bewese verband tussen humor en angs regverdig ook die aanwending van humoristiese tekste om taalangs te verminder. Uiteindelik word met navorsingsteun gemotiveer waarom humoristiese tekste suksesvol in die onderrig van Afrikaans gebruik kan word en enkele (praktiese) onderrigidees word uitgelig. Met hierdie artikel hoop die outeurs om by te dra tot waarde-ontwikkeling deur middel van 'n holistiese benadering tot taalonderrig.

Palavras-chave : affektiewe onderwys; angs; emosionele geletterdheid; houding; humoristiese tekste; motivering; taalonderrig.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons