SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número3The spirituality of student teachers: A blind spot?The integration of humorous texts in language education to develop students' emotional literacy: A case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 0023-270X

Resumo

ELYON, J.R.  e  LOTTER, G.A.. Musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike veranderingDie rol van musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike verandering. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp. 527-548. ISSN 0023-270X.

In hierdie artikel word die belangrikheid van musiek as heelbreinaktiwiteit vir innerlike verandering aangetoon. Daar word aandag gegee aan die relevante aspekte daarvan: die psigologiese dimensies, die postmoderne konteks waarbinne dit gebeur, die funksie van die brein en veral die belang van die gebruik van die hele brein teenoor die linkerbreinbenadering. Verder word die agtergrond van musiek en die invloed daarvan op innerlike verandering bespreek. As gevolg van die paradigmaskuif na die postmodernisme word gevoelens en ervarings makliker uitgedruk. Volgens die bevindings van hierdie artikel word innerlike verandering en heelwording van die postmoderne mens moontlik deur die gebruik van musiek en die aanwending van simbole, metafore, rituele en die kunste. Die finale gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat musiek as heelbreinaktiwiteit gebruik kan en behoort te word om innerlike verandering teweeg te bring.

Palavras-chave : heelbreinaktiwiteite; innerlike verandering; musiekterapie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License