SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

ELYON, J.R.  y  LOTTER, G.A.. Musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike veranderingDie rol van musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike verandering. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.527-548. ISSN 2304-8557.

In hierdie artikel word die belangrikheid van musiek as heelbreinaktiwiteit vir innerlike verandering aangetoon. Daar word aandag gegee aan die relevante aspekte daarvan: die psigologiese dimensies, die postmoderne konteks waarbinne dit gebeur, die funksie van die brein en veral die belang van die gebruik van die hele brein teenoor die linkerbreinbenadering. Verder word die agtergrond van musiek en die invloed daarvan op innerlike verandering bespreek. As gevolg van die paradigmaskuif na die postmodernisme word gevoelens en ervarings makliker uitgedruk. Volgens die bevindings van hierdie artikel word innerlike verandering en heelwording van die postmoderne mens moontlik deur die gebruik van musiek en die aanwending van simbole, metafore, rituele en die kunste. Die finale gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat musiek as heelbreinaktiwiteit gebruik kan en behoort te word om innerlike verandering teweeg te bring.

Palabras clave : heelbreinaktiwiteite; innerlike verandering; musiekterapie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons