SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

DE KLERK-LUTTIG, J.. Die spiritualiteit van onderwysstudente: 'n blinde kol?. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.509-525. ISSN 2304-8557.

In hierdie artikel word die belangrikheid van die skep van 'n ruimte vir die ondersteuning van die spiritualiteit van onderwysstudente beklemtoon. Die spirituele behoort erken te word as 'n onmisbare deel van die holistiese voorbereiding van onderwysers. Gedurende hulle opleiding behoort 'n omgewing geskep te word waarin nie net die intellektuele nie, maar ook die spirituele kan gedy. Daar word gebruik gemaak van die ervarings van die skrywer as dosent van die Filosofie van die Opvoeding waardaarin die klasse gepoog word om die spirituele dimensie van die studente te ondersteun deur hulle onder andere met sommige van die kernvrae van die lewe te konfronteer. Spiritualiteit, wat 'n integrale deel uitmaak van 'n onderwyserse lewensfilosofie, kleurdie hele opvoedingsgebeure. In hierdie artikel wat vanuit n Christelike raamwerk geskryf word, word die konsep "spiritualiteit" kortliks verduidelik en voorstelle word gemaak ten einde die spiritualiteit van onderwysstudente nie bloot te erken nie, maar ook te ondersteun en uit te bou.

Keywords : holistiese opvoeding; onderwysstudente; sin (betekenis); spirituele dimensie; verbondenheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License