SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Koers

versão On-line ISSN 2304-8557
versão impressa ISSN 0023-270X

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. Die hart van die mens herontdek: op die spoor van 'n Skrifgetroue mensbeskouing in die filosofie van D.H. Th. Vollenhoven. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.381-409. ISSN 2304-8557.

Hierdie artikel bied 'n samevatting van die mensbeskouing van die reformatoriese filosoof, D.H. Th. Vollenhoven (1892-1978). So 'n sinopsis is noodsaaklik, aangesien Vollenhoven self nooit sy antropologie volledig uitgewerk het nie. "Fragmente" uit sy verskillende geskrifte en ook enkele werke oor sy filosofie word dus hierin byeengebring, sodat die hoofkontoere asook die uniekheid van sy visie duidelik sal blyk. Dit word gedoen in die lig van die feit dat baie Christene vandag nog steeds onbybelse gedagtes oor die mens huldig. Die ondersoek ontwikkel vanaf 'n inleiding wat eerstens die noodsaak en aktualiteit van die na-vorsing verduidelik. Dit word opgevolg met 'n verduideliking van Vollenhoven se historiese en sistematiese benadering tot die filosofie, asook die ontwikkeling van sy eie antropologiese idees. Daarna word aangetoon hoe hy (met behulp van sy probleem-historiese metode) die groot aantal antropologieë deur die geskiedenis geanaliseer het. Die volgende afdeling bevat 'n sistematiese uiteensetting van sy eie visie op menswees wat gevolg word met 'n aanduiding van die huidige relevansie daarvan. Die afsluiting bestaan uit 'n terugblik en finale evaluering.

Palavras-chave : antropologie; digotomie; filosofie: reformatories; hart/siel; Vollenhoven, D.H. Th. wisselwerkingsteorie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons