SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

PRETORIUS, S.P.. Die noodsaaklikheid om emosies van woede, vrees en skuldgevoel tydens berading van slagoffers van godsdienstige kultes te verstaan. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.265-282. ISSN 2304-8557.

Slagoffers van godsdienstige kultes word stelselmatig deur die oortuigings, leerstellings en praktyke van die groep beïnvloed ten einde die identiteit wat deur die groep voorgeskryf word, aan te neem. Daar word geglo dat die nuwe identiteit en persoonlikheid wat die kulte voorskryf vir God aanvaarbaar is en dat kontak met die "bose" buitewêreld vermy moet word, omdat dit nadelig vir die geestelike welstand van die kultelede is. Ten einde rein en vry van besoedeling te bly, word kultelede subtiel beïnvloed om 'n vyandige houding teenoor enige leerstellings strydig met dié van die groep in te neem. Kommunikasie met "buitestanders" word sovermoontlik verbied. Ten einde berading aan kultelede moontlik te maak, is die vestiging van n vertrouensverhouding noodsaaklik omdat dit hierdie weerstand sal oorkom en kommunikasie moontlik sal maak. Die beradingsproses wat volg moet die emosies van 'n valse skuldgevoel, woede en vrees hanteer ten einde die kultelid se selfbeeld te herstel, asook die vermoë om weer in die gemeenskap aan te pas. Hierdie artikel voeraan dat die hantering van 'n valse skuldgevoel, woede en vrees n belangrike en noodsaaklike fase is in die proses om kultelede terug te wen en weer deel van die samelewing te maak.

Keywords : godsdienstige; kultes skuldgevoel; vrees; woede.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License