SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN DER WALT, B.J.. Imago et similitudo Del: Op soek na die betekenis van die mens as beeld en gelykenis van God vanuit 'n Christelikfilosofiese hoek. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.207-246. ISSN 2304-8557.

Hierdie ondersoek is 'n poging om vanuit 'n Christelik-filosofiese perspektief vas te stel wat die Bybelse uitdrukking inhou, naamlik dat die mens na die beeld en gelykenis van God geskep is. Die volgende stappe word gevolg: Die inleiding dien as herinnering daaraan dat 'n mens se werklikheidsvisie (ontologie) en mensvisie (antropologie) bepalend is vir hoe jy "imago Dei" sal verstaan. Dit word geïllustreer in eerstens die ouere, essensialistiese (of ontologiese) visies, wat die beeldskap van God analogies verklaar het, dit wil sê as ooreenkoms en verskil tussen die goddelike en menslike nature. Vervolgens word aangetoon hoe ook die meer resente relasionele standpunte oor die beeld van God nie werklik die volle rykdom daarvan kon onthul nie. Die volgende gedeeltes bied 'n uiteensetting van hoe enkele reformatoriese filosowe hierdie misterieuse Bybelse uitdrukking oor die mens verstaan het. Daaruit blyk dat hulle visie op die mens sowel vroeëre misverstande in verband met die mens as beeld en gelykenis kan oplos asook nuwe, wyer perspektiewe daarop kan open. In 'n slotgedeelte word die resultate van die ondersoek saamgevat.

Palabras clave : antropologie; beeld van God; gelykenis van God; ontologie; religie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons