SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue2Atomism and holism in the understanding of society and social systemsThe potential value of family rituals in children's processes of meaning making author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Koers

On-line version ISSN 0023-270X

Abstract

VAN DER WALT, B.J.. Imago et similitudo Del: Op soek na die betekenis van die mens as beeld en gelykenis van God vanuit 'n Christelikfilosofiese hoek. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp. 207-246. ISSN 0023-270X.

Hierdie ondersoek is 'n poging om vanuit 'n Christelik-filosofiese perspektief vas te stel wat die Bybelse uitdrukking inhou, naamlik dat die mens na die beeld en gelykenis van God geskep is. Die volgende stappe word gevolg: Die inleiding dien as herinnering daaraan dat 'n mens se werklikheidsvisie (ontologie) en mensvisie (antropologie) bepalend is vir hoe jy "imago Dei" sal verstaan. Dit word geïllustreer in eerstens die ouere, essensialistiese (of ontologiese) visies, wat die beeldskap van God analogies verklaar het, dit wil sê as ooreenkoms en verskil tussen die goddelike en menslike nature. Vervolgens word aangetoon hoe ook die meer resente relasionele standpunte oor die beeld van God nie werklik die volle rykdom daarvan kon onthul nie. Die volgende gedeeltes bied 'n uiteensetting van hoe enkele reformatoriese filosowe hierdie misterieuse Bybelse uitdrukking oor die mens verstaan het. Daaruit blyk dat hulle visie op die mens sowel vroeëre misverstande in verband met die mens as beeld en gelykenis kan oplos asook nuwe, wyer perspektiewe daarop kan open. In 'n slotgedeelte word die resultate van die ondersoek saamgevat.

Keywords : antropologie; beeld van God; gelykenis van God; ontologie; religie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License