SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STRAUSS, D.F.M.. Atomisme en holisme in die verstaan van die samelewing en sosiale stelsels. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.187-206. ISSN 2304-8557.

Dwarsdeurdie geskiedenis tref ons teenstellende opvattings oor die menslike samelewing aan, naamlik atomistiese en holis-tiese sienings. Tradisionele samelewings, die stadstaat van an-tieke Griekeland asook die middeleeuse perfekte samelewing, vertoon skynbare ooreenkomste met n geheel en die dele daarvan. Die vroeg-moderne tyd het hierdie holistiese geneigdheid voortgesit, maar het spoedig oorgeslaan na atomistiese teorieë van n hipotetiese sosiale verdrag. In die daaropvolgen-de tydperk was die opvattings van die Humanisme dominant. Dit het gestalte aangeneem in die spanning wat na vore gekom het tussen natuur en vryheid (natuurwetenskapsideaal en persoonlikheidsideaal). Die Humanistiese erfenis het 'n tuiste gebied vir meganistiese- sowel as vitalistiese benaderings asook vir die meer resente erkenning van onherleibaar-komplekse stelsels (Behe, 2003). Wiener (1954; 1956) se "tegnologisisme" het die mens se verantwoordelikheid en vryheid opgeoffer. In 'n alternatiewe siening word aandag gegee aan die normatiwiteit van die menslike samelewing terwyl daar ook gelet word op die veelsydigheid daarvan. Daar word aangetoon dat sosiale sisteemteorieë toenemend daartoe neig om weë te ondersoek waarlangs n mens die beperkings van die atomistiese optelsombenadering asook die grensuitwissende geheel-deleskema van die holisme te bowe kom. Hierdie ontwikkeling word gebruik as aanknopingspunt vir die klassifikasie van vorms van sosiale interaksie asook vir n beklemtoning van die reikwydte van die beginsel van soewereiniteit-in-eie-kring vir 'n multidissiplinêre verstaan van sosiale stelsels.

Keywords : atomisme; holisme; persoonlikheidsideaal; soewereiniteit in eie kring; verbande [gemeenskapsverhoudings]; wetenskapsideaal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License