SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

WEEKS, F.H.. "Omgeeskole" - 'n oplossing om uitdagende gedrag in skole te hanteer?. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.1, pp.121-144. ISSN 2304-8557.

Verslae in die media toon dat uitdagende gedrag lankal nie meer die uitsondering op die reël is in Suid-Afrikaanse skole nie. Uitdagende gedrag is voorts ook gewelddadig van aard, wat 'n verdere rede tot kommer veroorsaak. In hierdie artikel word die konsep "omgeeskole" verken as 'n wyse om uitdagende gedrag te hanteer. Navorsing is by agt primêre, Suid-Afrikaanse skole onderneem. Die gevolgtrekkings gemaak op grond van hierdie navorsing, is deur die navorsingsbevindings van ander navorsers geverifieer, soos blyk uit die literatuurstudie. 'n Kerngedagte wat uit die navorsing blyk, is die identifisering van gedragspatrone, soos ontleen aan 'n etiek van omgee, wat eie is aan 'n omgeeskool. Die impak daarvan op leerders se uitdagende gedragspatrone, soos blyk uit hulle onbevredigde emosionele behoeftes, blyk ook hieruit. Die navorsingsresultate lei tot die gevolgtrekking dat "omgeeskole" 'n moontlike oplossing kan bied om uitdagende gedrag in Suid-Afrikaanse skole te hanteer.

Keywords : dissipline; etiek van omgee; gewelddadige gedrag; omgeeskole; onbevredigde emosionele behoeftes; uitdagende gedrag.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License