SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Abstract

STEYN, G.M.. Voortgesette professionele ontwikkeling vir onderwysers in Suid-Afrika en sosiale leersisteme: Konflikterende konseptuele raamwerke vir leer. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.1, pp.15-31. ISSN 2304-8557.

Ten einde onderwys in Suid-Afrika te verander, is dit nodig dat onderwysers toepaslik toegerus sal word om aan die uitdagings en behoeftes in die ontwikkelende land te beantwoord. Die nasionale beleidsraamwerk vir onderwysersopleiding en -ontwikkeling is 'n poging om die behoefte aan geskikte gekwalifiseerde onderwysers in Suid-Afrika te hanteer. Die doel daarvan is om die gehalte van onderwys te verbeter deur te fokus op die professionele ontwikkeling van onderwysers. Hierdie artikel poog om die volgende navorsingsprobleem te behandel: het voortgesette professionele ontwikkeling (VPOO), soos gestipuleer deur die nasionale beleidsraamwerk, die potensiaal om by te dra tot die ontwikkeling van onderwysers, soos voorgestel deur sosiale leersisteme? Die antwoord op hierdie vraag het die potensiaal om die beleid en die implementering daarvan te beinvloed. Die vraag beskryf ook hoe die konseptuele raamwerke van leer in Wenger se sosiale leerteorie in konflik is met effektiewe professionele ontwikkelingsprogramme vir onderwysers en VPOO.

Keywords : professionele ontwikkeling; voortgesette professionele ontwikkeling vir onderwysers; Wenger; sosiale leerteorie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License