SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

EVANS, Roger. Voordeel vir skuldeisers by insolvensieaansoeke en die afstanddoening van die regte van skuldenaars in hierdie aansoeke. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.2, pp.298-317. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n2a6.

In vandag se samelewing, en veral in Suid Afrika, wend die meeste mense hulle tot die leen van geld ten einde hul daaglikse bestaan te finansier. Gevolglik was daar nog altyd 'n behoefte aan professionele hulp in gevalle waar die skuldenaar probleme ondervind met die terugbetaling van sy of haar skuld. Sodanige hulp word gewoonlik daargestel deur wetgewing. In Suid Afrika word die Insolvensiewet 24 van 1936 hoofsaaklik gebruik om hulp te verleen aan partye by die kollektiewe skuldinsamelingsprosedure wat die sekwestrasie van die skuldenaar se boedel beoog. Sekwestrasie is onder andere veronderstel om te lei tot die rehabilitasie van die skuldenaar en dus 'n nuwe kans op finansiële herstel. Vir die sekwestrasie van ?n skuldenaar se boedel vereis die Insolvensiewet bewys dat sekwestrasie tot voordeel van skuldeisers sal wees. 'n Probleem wat ontstaan is dat daar in sommige gevalle'n potensiële voordeel vir skuldeisers bewys kan word, maar in ander gevalle nie. Dus word "arm" of minder-bevoorregte individue verhoed daarvan om gebruik te maak van die prosedure en regte wat die Insolvensiewet daarstel, en daarom ook die voordeel van rehabilitasie. Skuldenaars probeer om hierdie probleem van "voordeel vir skuldeisers" te omseil deur afstand te doen van sekere "regte" wat die Insolvensiewet aan hulle toeken. Dit skep die indruk dat hulle boedelwaarde voldoende is om voordeel te bewys. Die Hoë Hof het egter bevind dat sodanige afstanddoening nie moontlik is nie, en gevolglik ontoelaatbaar. Hierdie probleem lei tot die vraag of minder-bevoorregte skuldenaars in sulke omstandighede ongelyk behandel word, en of sulke behandeling in stryd is met die vereistes van die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1996. Die artikel ondersoek dus die kwessie van voordeel vir skuldeisers by insolvensieaansoeke; die afstanddoening van regte van skuldenaars in hierdie aansoeke; en die moontlike ongrondwetlikheid van die beleid van "voordeel aan skuldeisers" in die Suid-Afrikaanse insolvensiewetgewing. Die skrywer kom tot die gevolgtrekking dat die ongelyke behandeling van skuldenaars in die toekoms heel moontlik voor die Grondwetlike Hof kan beland. Maar alvorens dit egter gebeur sal daar streng gehou moet word by die vereiste van voordeel vir skuldeisers soos in die Insolvensiewet uiteengesit.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License