SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

RENKE, Stefan  and  COETZEE, Hermie. Die omstandighede waaronder artikel 85(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 as roete gebruik kan word om toegang of her-toegang tot die skuldverligtingsmaatreëls ingevolge die Wet te bekom. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.2, pp.234-250. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n2a3.

Hierdie artikel neem artikel 85(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 as 'n toegangsroete tot die skuldverligtingsmaatrels waarvoor in Deel D van Hoofstuk 4 van die Wet voorsiening gemaak word, in oënskou. Dit vind plaas teen die agtergrond van 'n dictum deur Binns-Ward R in Kallides en die reaksie daarop, onder andere deur die Hoogste Hof van Appel in Seyffert, deur te ondersoek of daar meerdere opsies is (as wat onder andere deur Binns-Ward R aangedui word) waaronder artikel 85(a) toegang tot die genoemde skuldverligtingsmaatrels verleen. Artikel 85(a) en die howe se diskresie ingevolge daarvan word kortliks toegelig, gevolg deur 'n bespreking van die omstandighede waaronder die verbruiker 'n beroep op artikel 85(a) kan doen. Besondere aandag word aan die wisselwerking tussen artikel 85(a) en artikels 86(2), 86(10) (saamgelees met artikel 86(11)), 88(3) en 83 van die Wet geskenk. Die skrywers maak sekere gevolgtrekkings rakende die trefwydte van artikel 85(a) as die kredietverbruiker se "last port of call" ten einde die skuldverligting ingevolge die Wet te bekom.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License