SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

LOTTER, Melany; VAN DEN BERG, Gert  and  STRYDOM, Stefan. Die wysiging van 'n inter vivos trustakte ingevolge die bepalings van 'n uitdruklike wysiginsgklousule en die implikasies indien begunstigdes reeds voordele aanvaar het. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.2, pp.215-233. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n2a2.

Die geldigheid van trust wysigings het die afgelope jare baie aandag getrek. Selfs die mees noukeurig- opgestelde trustakte mag wysigings benodig en sekerheid aangaande die geldigheid van sodanige wysiging is uiters belangrik. Die toestemming van 'n begunstigde wat reeds sy voordele ingevolge die trustakte aanvaar het, is sonder twyfel gesaghebbend vanuit 'n gemeenregtelike pespektief aangesien die aanvaarde regsbeginsel is dat hy of sy na sodanige aanvaarding as kontraksparty gereken word. Hierdie beskouing was weereens bevestig in die Potgieter saak wat die beslissings in Crookes - en Hofer - gevolg het. In al drie sake het die trustakte óf geen wysigingsklousule bevat nie (Crookes en Hofer), óf wel 'n wysigingsklousule bevat, maar welke klousule oor beperkings beskik het wat dit ontoepaslik in die omstandighede gemaak het (Potgieter). Gevolglik was die normale gemeenregtelike beginsels aangaande trustwysigings toepaslik op hierdie drie hofsake. Ongelukkig is die beginsels neergelê in die Potgieter saak blindelings gevolg in latere hofsake sonder dat onderskeid getref is tussen die gevalle waar 'n uitdruklike mag om te wysig in die akte voorgekom het en waar dit nie voorgekom het nie. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of 'n begunstigde van 'n trust wat sonder twyfel sy of haar voordele ingevolge die trust aanvaar het, vereis word om toe te stem tot 'n wysiging van die trustakte waar daar wel 'n wysigingsklousule in die akte voorkom. Is sodanige toestemming 'n vereiste waar die wysigingsklousule die vereiste prosedure of metodologie vir die wysiging spesifiseer en stipuleer dat dit gedoen kan word sonder dat die toestemming van die begunstigde vereis word? Ek stel voor dat die aanvaarding van voordele deur 'n begunstigde nie dieselfde relevansie inhou vir beide scenario's nie. By aanvaarding word die begunstigde 'n party tot die trustooreenkoms wat die begunstigde 'n reg tot voordele beloof, maar terselfdertyd behels dit dat die begunstigde ook enige gestipuleerde verpligtinge wat verband hou met die beloofde voordeel aanvaar. Gevolglik is dit so dat die begunstigde inderdaad sekere beperkinge uit hoofde van die trustakte kan oploop, wat natuurlik kan insluit dat sy toestemming tot verdere wysigings van die trustakte nie nodig sal wees nie.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License