SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SINGH, A  and  MATHURAY, M. Die verpleegprofessie in Suid-Afrika - Is verpleegkundiges op hoogte van die reg en hul regsverantwoordelikhede in die gesondheidsorg?. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.122-139. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a8.

Hierdie artikel focus daarop om te bepaal hoe ingelig verpleegsters is oor die reg en die norme en standaarde wat die verpleegprofessie in Suid-Afrika reguleer. Die doel van die artikel is tweeledig: Eerstens, poog dit om vas te stel wat die internasionale norme en standaarde is wat in ander jurisdiksies toegepas word. Om hierdie rede is 'n wye spekrum van eerste wêreld, derede wêreld en outluikende ekonomiese jurisdiksies, waaronder die Verenigde State, Nieu-Seeland, Australië, Spanje, Thailand, Singapoer, Indië, Mexiko en Nigerië, geskies om vas te stel wat die internasionale standaarde is wat deur verpleegkundiges in die uitvoer van gesondheid-sorg toegepas word en of dit vergelykbaar is met die poeisie in Suid-Afika. Wat voortspruit uit 'n oorsig van die internasionale, praktykregulasies, is dat daar 'n noemenswaardige ooreenkoms is met betrekking tot die uitdagings wat bestaan. Baie studies toon die gebrek aan kennis van die reg en verantwoordlikhede as 'n algemene rede vir die bron van wan-praktyk problem onder verpleegsters. Tweedens, ontleed die artikel ook die bestaande wetgewing in Suid-Afika krities om vas te stel of dit by die implementering daarvan voldoende is om vepleegkundiges die nodige kennis te gee on hulle in staat te stel on hul rol te verstaan wanneer gesondheidsorg aan pasiënte toegedien word. Alhoewel die bevindinge getoon het dat die meerderheid verpleegkundiges in Suid-Afrika kennis dra van die toepaslike wetgewing en hul regsverantwoordelikhede, is daar ook 'n beduidende aantal verpleegkundiges wat geen begrip van die reg het nie en ook nie die omvang van hul diens en die verantwoordlikhede wat daarmee verband hou ten volle verstaan nie. Waar skuiwergate geïdentifiseer is, word strategieë voorgestel om die gehalte gesondheid deur verpleegkundiges aan pasiënte wat aan hulle sorg toevertrou is te verbeter.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License