SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

MARUMOAGAE, Clement. Nadeel voortspruitend uit die nie-betaal van pensioenbelange as gevolg van wat ingesluit of uitgesluit word uit egskeidingsbevele. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.102-121. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a7.

Hierdie artikel benadruk die praktiese uitdagings verbandhoudend met aftreefondse se weiering om dele van hul lede se pensioenbelang aan nielid eggenote uit te betaal na gelang van hoe egskeidingsbevele opgestel is. Daar word gedemonstreer dat nie-lid eggenote belas word met aansoek doen vir 'n wysigingsbevel om te voldoen aan sodanige fondse se onredelike eise om 'korrekte' egskeidingsbevele. Hierdie artikel voer 'n argument dat, sodra die pensioenbelang 'n bate geag word in ooreenstemming met artikel 7(7) van die Egskeidingswet, Wet 70 van 1979, daar dan geen regverdiging is vir die fondse om te weier om die nielid se deel van die lid se pensioenbelang, soos ter datum van egskeiding, te betaal nie. Daar word verder geargumenteer dat die regsbelang wat die nie-lid eggenoot in die lid se pensioenbelang, verkry in terme van die partye se huweliksgoederebedeling, die betaling van sodanige belang in elk geval regverdig, omdat daar nie voldoen is aan die bepalings van die artikel 7(8) van die Egskeidingswet nie

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons