SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

DE BRUYN, Danielle. Die gebrek aan beskerming vir minderjarige seksuele oortreders in die Suid-Afrikaanse eg: 'n kritiese analise van Artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, Wet 32 van 2007 en Artikel 18 van die Strafproseswet, Wet 51 van 197. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.65-81. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a5.

Die onlangse uitspraak deur die Suid-Gauteng Hooggeregshof in verband met artikel 18 van die Strafproseswet aangaande seksuele misdade teen beide volwasse- en jeugdige slagoffers, en gevolglik moontlik ook indirek, seksuele misdade deur beide volwasse- en jeugdige oortreders; asook die Konstitusionele Hof uitspraak ten opsigte van die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders, wat spesifiek betrekking het op artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleent-hede), laat die vraag ontstaan of die Suid-Afrikaanse regsisteem enige vorm van beskerming bied aan minderjarige seksoortreeders? Hierdie artikel ondersoek twee spesifieke bepalings in Suid-Afrikaanse wetgewing met betrekking tot die grondwetlikheid en toepassing daarvan op minderjarige seksoortreders, naamlik artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), asook artikel 18 van die Strafproseswet. Hierdie twee bepalings word ingevolge onlangse regspraak oorweeg om vas te stel of dit 'n skending is van die regte wat minderjarige seksuele oortreders het ingevolge die Suid-Afrikaanse reg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License