SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

KUSCHKE, Birgit. Gestremdheidsdiskriminasie in versekering. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.50-64. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a4.

Diskriminasie in die finansiële sektore soos versekering word nie alledaags onder die loep geneem nie. Die een industrie waarin daar daagliks teen persone gediskrimineer word, is versekering. Versekeringsmaatskappye groepeer versekerdes in verskillende risikogroepe volgens hulle risiko-profiele. Die omvang van risiko word meestal volgens die groep se algemene of gemiddelde kenmerke bereken. Versekerdes wat nie noodwendigerwys dieselfde risiko as ander lede van die groep inhou nie, word hierdeur benadeel deurdat hulle hoër premies betaal of verminderde dekking of voordele geniet. Die optrede deur die versekeraar stel prys-, transaksie- en statistiese diskriminasie daar. Dikwels oorvleuel die gronde vir 'n bepaalde groepering met verbode gronde van diskriminasie soos onder andere in die Grondwet uiteengesit. Faktore wat die meeste ter sprake kom, is gestremdheid, ouderdom, en geslag. Die ongeregverdigde diskriminasie affekteer die versekerde se regte op gelykheid en waardigheid. Vanweë die ontelbare vorme en grade van gestremdheid, is dit uiteraard vir versekeraars moeilik om voldoende inligting in te win en om volgens elke aansoeker se unieke persoonlike omstandighede 'n billike toedeling te maak. Aan die ander kant, moet alle versekerdes ook dieselfde behandel word, en uitsonderings kan verswarend op ander lede van die groep inwerk. Hierdie probleem regverdig egter geensins onbillike diskriminasie nie. Die probleem lê daarin dat daar onsekerheid heers oor wat wel geregverdigde diskriminasie of differensiasie daarstel. Versekering speel 'n belangrike rol in ons samelewing, en verswarende verpligtinge om dekking, premies en bedinge van geval tot geval aan te pas kan die versekeringsbedryf se winsgewendheid bedreig. Ander lande probeer die probleem deur teikengerigte versekeringswetgewing bestuur. Dit is egter nie die geval in Suid-Afrika nie, en kan 'n beroep op die wetgewer gedoen word om oorweging daaraan te skenk om 'n groter mate van regsekerheid in die voorgestelde nuwe versekeringswetgewing te skep, deur gevalle wat as direkte onbillike diskriminasie geag word, te identifiseer. Die voorstel is dat voorskrifte in ondergeskikte wetgewing soos Polishouerbeskermings-reëls ingebou word, ten einde vinniger aanpassings en wysigings wat met mediese en tegnologiese vordering wat gestremde persone se risikoprofiele verbeter, tred hou.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License