SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

JANSE VAN RENSBURG, Pieter  and  NEL, Rudie. Skuldkapitalisering: 'n Analise van die toepassing van artikel 24BA van die Inkomstebelastingwet. De Jure (Pretoria) [online]. 2018, vol.51, n.1, pp.35-49. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a3.

Die kapitalisering van skuld in mil vir die uitreiking van aandele is 'n algemene verskynsel en kan op drie wyses geskied, naamlik deur die direkte uitreik van aandele (met of sonder kontantvloei), deur skuld-vergelyking en deur die omskepping van skuldinstrumente in aandele. Alhoewel bestaande literatuur aandag aan die toepassing van skuld-verminderingsbepalings in die Inkomstebelastingwet skenk, is daar egter 'n gebrek aan voldoende inligting oor die mate waartoe artikel 24BA van die Inkomstebelastingwet op die verskillende metodes van skuldkapitalisering van toepassing kan wees. Die artikel ondersoek die moontlike toepassing van artikel 24BA op skuldkapitalisering. Elk van die metodes van kapitalisering word individueel ontleed aan die hand van die vereistes van artikel 24BA. Die artikel bevind dat met skuldvergelyking as metode van skuldkapitalisering, verskille tussen die waardes van inskrywingslening (wat voortspruit uit die inskryf op aandele) en die markwaarde van aandele wat uitgereik word tot toepassing van artikel 24BA aanleiding kan gee. Op grond van die bevinding word daar aan die hand gedoen dat indien die omstandighede nie voorsiening maak vir verligting van die toepassing van artikel 24BA nie, kan skuldvergelyking as 'n minder gunstige metode van skuldkapitalisering beskou word.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License