SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

FUO, Oliver. Ingrype in die autonomie van Suid-Afrikaanse plaaslike regerings: Die aanvoer van die minderheidsbeslissing in die Merafong City-saak. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.324-345. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a7.

Teen die agtergrond van die aard en wese van die Suid-Afrikaanse plaaslike regering wat na 1996 tot stand gekom het, is die saak van Merafong City Local Municipality v AngloGold Ashanti Ltd [2016] ZACC 35 een van die mees onlangse sake betreffende die inbreukmakende geaardheid van nasionale regulering van munisipale bevoegdhede. Een van die belangrikste aangeleenthede in hierdie saak was die vraag tot watter mate appèl na 'n Minister moontlik is wanneer 'n munisipaliteit 'n besluit neem rondom heffings vir die verskaffing van waterdienste (vir huishoudelike en industriële gebruik). Hierdie artikel handel met die minderheidsuitspraak van Regter Jafta in die Grondwetlike Hof en ondersteun die regter se interpretasie wat stel dat dit ongrondwetlik is vir die nasionale regering om as appèlliggaam in te tree in soverre dit 'n munisipaliteit se uitoefening van 'n oorspronklike bevoegdheid aangaan. Die artikel maak spesifiek melding van die moontlike wysiging van artikel 8 van die Wet op Waterdienste 108 van 1997 ten einde die genoemde ongrondwetlikheid aan te spreek.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License