SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

KILIAN, CG  e  SNYMAN VAN-DEVENTER, E. Om die Wet op Onderlingehulpverenigings 25 van 1956 te vervang met die voorgestelde Versekeringskonsepwet 2015: 'n nuwe perspektief oor hulpverenigingslede se voordele in ruil vir 'n premie. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.2, pp.281-302. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n2a5.

Die Wet op Onderlinge Hulpverenigings is 'n besondere stuk wetgewing wat om een of ander rede intense akademiese bespreking oor 60 jaar vrygespring het. Onderlingehulpverenigings is 'n vorm van versekering wat nie tipies as kort- of langtermynversekering in Wet 25 van 1956 bespreek word nie. Om hierdie rede is dit moontlik dat 'n lid se voordeel verdere regsbepalings het volgens die kort- of langtermynwetgewing in Suid-Afrika. Dit is ook moontlik dat die voordeel geensins deel vorm van die kort- of langtermynwetgewing nie maar eerder 'n sui generis-vorm van versekering is, naamlik die stokvel as besigheidsvorm in Suid-Afrika. Met die inwerkingtreding van die voorgestelde Versekeringskonsepwet 2015 gaan onderlingehulpverenigings nie meer as besigheidsvorm voortbestaan nie, maar daar heers onduidelikheid oor die stokvel as besigheidsvorm in die toekoms. Die nuwe wet gaan duidelikheid bring oor presies hoe onderlingehulpverenigings as mikroversekering in die kort- en langtermynwetgewings getipeer gaan word deur middel van wysigings aan beide wetgewings. Alhoewel die wysigings nuut mag voorkom, bevat die Wet op Onderlinge Hulpverenigings reeds bestaande begrippe wat nou ander betekenisse kry volgens die Versekeringskonsepwet. 'n Praktiese voorbeeld is die nuwe term om selstruktuurversekering te omskryf wat voorheen bekend gestaan het as 'n sentrale onderlingehulpverenigings-struktuur - geen akademiese bevestiging kon gevind word nie maar die oorvleulende eienskappe tussen die twee terme dui op een en dieselfde konsep. Om hierdie rede verskaf sentrale onderlingehulpverenigings duidelike praktiese voorbeelde oor hoe formules omskryf kan word om eensgesindheid te bring by die verdeling van winste in selstruktuurversekering. Buiten laasgenoemde word daar ook gelet op die nuwe ledevoordele van mikroversekeraars volgens kort- of langtermynversekering en hoe dit tans vergelyk met bestaande ledevoordele van onderlingehulpverenigings.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons