SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

MEHERET, Tewodros. 'n Beoordeling van Ethiopia se bankrotskapregime. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.1, pp.111-135. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n1a7.

Boek V van die 1960 Commercial Code van Ethiopië maak voorsiening vir Ethiopië se bankrotskapregime en handel oor die bankrotskap van handelaars en kommersiële besigheidsorganisasies wanneer betalings opgeskort word. Die bankrotskapregime wat vir meer as 'n halfeeu van krag was, maar selde gebruik is, het verouderd geraak in sowel die filosofiese grondslag as aanwending daarvan. Behalwe vir die wysiging wat kragtens proklamasie 592/2008 aangebring is, en net op banke van toepassing is, was daar geen hersiening ten einde die insolvensieregime op datum te bring nie. Laasgenoemde regime word baseer op die veronderstelling dat die skuldenaar te blameer is en hy of sy staar ernstige gevolge in die gesig in geval van bankrotskap. Tensy die skuldenaar om 'n reëlingskema ("scheme of arrrangement") aansoek doen, maak die regime geen voorsiening vir besigheidsredding nie. Bankrotskap betrek verskeie belange, insluitend dié van werknemers, verskaffers, verbruikers, die regering en die publiek - en veral die belange van skuldeisers wat die onmiddellike slagoffers van insolvensieverrigtinge is. Die insolvensiereg fokus op die verdeling van die opbrengs van likwidasie tussen skuldeisers. Dit slaan egter nie voldoende ag op ander belange nie. Die artikel ondersoek die bestaande reg in die lig van internasionaal-aanvaarde standaarde en beste praktyke en beveel veranderinge aan die stelsel aan. Die feitlik nie-bestaande insolvensiepraktyk word ook ondersoek ten einde die faktore te identifiseer wat die beoefening daarvan verhinder het.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons