SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

ESSER, Irene-Marié  y  DELPORT, Piet. Die beskerming van belanghebbendes: die Suid-Afrikaanse maatskaplike- en etiekkomitee en die Verenigde Koninkryk se verligte aandeelhouersbelang benadering: Deel 1. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.1, pp.97-110. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n1a6.

Maatskappyereg is nog altyd baseer op die beginsel dat die direksie die maatskappy moet bestuur in die beste belang van die maatskappy. "Maatskappy" in hierdie sin beteken die maatskappy as afsonderlike regsentiteit, met verwysing na die vermoënsmaksimalisering van die belange van die aandeelhouers. Die belange van die ander belangehouers, soos die werknemers, staat en verbruikers kon in ag geneem word, maar die fokus is die aandeelhouers se belange. Hierdie teorie van die uitgebreide aandeelhouersbelang ("enlightened shareholder approach") is ook aanvaar as die basis van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet 71 van 2008, in stede van die meervoudige belange benadering ("pluralist approach"). Daar is egter 'n duidelike verandering ten opsigte van die voortgesette absolute toepassing van eersgenoemde benadering te bespeur, nie net in die Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook wêreldwyd. Hierdie beweging is miskien begin deur instrumente soos Kodes, maar in die Suid-Afrikaanse Maatskappywet is daar ook nou spesifieke bepalings wat aan sekere belangegroepe direkte remedies verleen. Daar is twee modelle wat die direksie in staat stel om hierdie ander belange in ag te neem, en in Suid-Afrika geskied dit deur die Sosiale en Etiese Komitee, terwyl dit in die Verenigde Koningkryk gedoen word deur middel van 'n spesifieke statutêre bepaling, alhoewel laasgenoemde nie direk afdwingbaar is deur die belangegroepe nie. In hierdie artikel word die twee modelle in oënskou geneem en die effektiwiteit daarvan word ge-evalueer, veral in die lig van die praktiese probleme en die wenslikheid van sulke inisiatiewe, sonder dat die basiese gemeneregreël ten opsigte van die aandeelhouerfokus uitdruklik gewysig word.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons