SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SCHOEMAN-MALAN, Linda. 'n Vergelykende analise van commorientes - Suid-Afrikaanse perspektief. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.1, pp.36-59. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n1a3.

Die gelyktydige afsterwe van 'n familie, of lede van 'n gesin as gevolg van 'n katastrofiese gebeurtenis, het 'n direkte invloed op die aanwysing van begunstigdes en die bereddering van die oorledenes se boedels. Dit blyk dat natuurrampe en ander rampe aan die toeneem is. Die gelyktydige dood van families en verwante kan 'n geskil ontketen oor die verdeling van die boedels (van persone wat gelyktydig gesterf het). Hierdie artikel speek 'gelyktydige afsterftes' en die uitwerking daarvan op die erfreg oor 'n wye front aan. Die term ''commorients word ontleed en die leerstuk word bespreek soos dit gemanifesteer het in die Romeinse siviele reg en die resepsie daarvan in die Romeins-Hollandse reg. Daarteenoor word die leerstuk in die Engelse gemeenregtelike jurisdiksies bespreek en vergelyk met die Romeins gebaseerde siviele reg wat Europese stelsels beïnvloed het. Die verskillende benaderings om 'gelyktydige sterftes' te bewys, word bespreek. Waar die Anglo-Amerikaanse stelsels die volgorde van sterftes reguleer deur wetgewing (siviele kodes) en gebruik maak van sekere vermoedens in die geval van onsekerheid oor die spesifieke volgorde, volg die Engelse gemeenregtelike jurisdiksies die benadering dat die volgorde van dood 'n feitevraag is wat telkens in die lig van die omstandighede wat gelei het tot die dood, bewys en beantwoord moet word. Die volgorde van dood op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Die historiese aanloop tot hedendaagse benadering en die invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse reg word onder die loep geneem. Uit enkele Suid-Afrikaans gerapporteerde hofsake oor die onderwerp, blyk dit dat die 'tradisionele gemenereg' gevolg word en dat die volgorde van dood 'n feitevraag is. Wetgewing wat in ander jurisdiksies in die loop van die twintigste eeu geïmplementeer is om voorsiening maak vir 'n vermoedens van gelyktydige afsterftes, word toegelig. Daar word aangetoon dat statutêre ontwikkelings in ander gemeenregtelike jurisdiksies hoofsaaklik ten doel het gesamentlike eiendomsreg (joint tenacies) te reguleer. Ander ontwikkelings hou verband met klousules wat vir substitusie voorsiening maak (in geval van vooroorledenes) en 'gelyktydige afsterf' klousules wat deur testateurs gebruik word by die verlyding van testamente. Ten slotte word 'n kritiese evaluering van die verskillende stelsels gedoen en aangetoon dat Suid-Afrika nie 'n behoefte het aan hervorming nie en waarskynlik die billikste en regverdige benadering van 'hy wat beweer moet bewys' volg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License