SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.50 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

MUNYAI, Phumudzo S. Eise vir skade voortvloeiend uit optrede wat verbied word deur die Wet op Mededinging, 1998. De Jure (Pretoria) [online]. 2017, vol.50, n.1, pp.18-35. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2017/v50n1a2.

Hierdie artikel evalueer die regsraamwerk en sake (siviele eise) vir skade voortvloeiend uit verbode gedrag in terme van die Wet op Mededinging ('die Wet'). Die hoof uitgangspunt is dat die vermoë van individue en instansies (wat skade gely het as gevolg van sodanige verbode gedrag) om skade te eis teen verweerders, effektief sal bydra daartoe om toekomstige oortredings te voorkom en nakoming van die Wet te bevorder. Daar word kennis geneem daarvan dat die reëls met betrekking op siviele eise vir skade wat ontstaan as gevolg van verbode gedrag een van die mees onderontwikkelde areas van ons mededingingsreg is. Verskeie faktore mag die vermoë van klaers ondermyn om tot aksie oor te gaan in siviele howe vir skade wat voortspruit uit verbode gedrag ingevolge die Wet. Sodanige faktore sluit in swak geformuleerde en onvoldoende bepalings in die Wet wat handel met klaers se reg om siviele gedinge in te stel vir skade voortspruited uit verbode gedrag; en vrae rondom die gepastheid van siviele howe as geskikte forums om algemene mededingingskwessies te hanteer en die forums se rol in die evaluering en toekenning van skade gely deur mededinging. In die bespreking en analise wat volg, handel ek breedweg met hierdie kwesssies en ten slotte maak ek gepaste voorstelle om die situasie te verbeter.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License