SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

CALITZ, Juanitta  and  FREEBODY, Giles. Is na-aanvangsfinansiering die doring in die vlees van ondernemingsreddingsverrigtinge ingevolge die 2008 Maatskappywet?. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.2, pp.265-287. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n2a5.

Ondernemingsredding word toenemend as 'n gewilde en belangrike punt op die wetgewende agenda van lande wêreldwyd beskou. In Suid- Afrika het die Maatskappywet 71 van 2008 (die Wet) wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, geregtelike bestuur vervang met 'n ondernemings-reddingmodel wat onder andere die rehabilitasie van 'n maatskappy in finansiële nood as doelstelling het. Een van die sleutelfaktore van 'n suksesvolle ondernemingsreddingproses is die verkryging van na -aanvangsfinansiering. Die onderhawige artikel bevat 'n bespreking van die spesifieke tekortkominge van die ondernemingsreddingmodel wat 'n nadelige effek het op die vekryging van na -aanvangsfinansiering in die praktyk. Aandag word ook geskenk aan ondernemingsreddingsverrigtinge, na -aanvangsfinansiering in die algemeen en die rangorde van die eise van skuldeisers wat sogenaamde na -aanvangsfinansiering verleen. Daar word ook gekyk na die benadering wat deur die Verenigde State van Amerika in hoofstuk 11 van die Amerikaanse 'Bankruptcy Code', asook ander internasionale instrumente, gevolg word. Die outeurs doen dan ten slotte aan die hand dat ondernemingsredding as model slegs kan slaag indien daar 'n paradigma skuif plaasvind wat wat tot 'n meer skuldenaar-vriendelike milieu tot gevolg sal hê en sodoende sal verseker dat na -aanvangsfinansiering meer vrylik beskikbaar sal wees.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License