SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

NTLAMA, Nomthandazo. Die reg insake privilegie en die Ekonomiese Vryheidsvegters in die Nasionale Vergadering in Suid Afrika - die namaal van die 7de Mei nasionale verkiesings. De Jure (Pretoria) [online]. 2016, vol.49, n.2, pp.213-229. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2016/v49n2a2.

Hierdie artikel ondersoek die omvang van die fundamentele beginsel van parlementêre privilegie - met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse Nasionale Vergadering (NV) se bevordering van die demokratisering van die parlement se outonomie. Die oogmerk is om 'n institusionele beleid vir die NV te bepaal aangaande die afdwinging van die parlement se magte in die bevestiging van die parlement se grondwetlike identiteit, nie deur eksterne inmenging nie, maar deur die afdwinging van interne kontroles -veral in die bestuur van die ope debatte in die evolusie van die beginsel van privilegie. Die fokus is nie bedoel om die operasionele kant van die NV te bespreek nie, maar die bevordering van die beginsel van privilegie in die Vergadering self sonder om dit te onderskei van die komitees, aangesien die beginsel van vryheid van spraak ook daaroorheen strek om parlementêre privilegie te bevestig. Die artikel argumenteer dat die miernes van politieke aktiwiteite in die NV die funksionaliteit van die parlement lamlê en dat dit die oneffektiwiteit van die parlement as spreekbuis vir die sisteem van verteenwoordigende demokrasie bevorder. Die bedoeling is nie om 'n volledige evolusie van die geskiedenis en die reg met betrekking to parlementêre privilegie te gee nie en erkenning word gegee dat die VN nie in 'n vakuum funksioneer nie, maar in die politieke konteks waarin dit bedryf word. Die fokus is gemotiveer deur die geboorte van die nuwe politieke party: die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) na die 7 Mei 2014 nasionale verkiesings, wat die ontwikkeling van die beginsel van parlementêre privilegie in die konteks van die nuwe grondwetlike bedeling in die kollig gestel het. Hierdie beginsel is die basis vir die regulering van die institusionele outonomie van die VN deur die verteenwoordigers van die algemene publiek, en is gegrond op die regs- en grondwetlike konstruksie van Suid-Afrika se grondwetlike bedeling. Die grondwetlike status van parlementêre privilegie het geblyk om 'n fassinerende onderwerp vir konstitusionele reg te wees - veral sedert die aankoms van die EVV in die parlement. Die fassinering word egter pertinent wanneer die indruk geskep word dat die NV beheer verloor oor die bestuur van die debatte oor aangeleenthede van nasionale belang. Hierdie stand van sake dryf 'n dringendheid om die manier hoe die VN sy interne kontroles reguleer bepaal.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License