SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

SERFONTEIN, Jan-Louis. Wat Skort met Onreverdige Verryking in die Modern Suid Afrikaanse Reg?. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.388-410. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a7.

Onlangse ontwikkelings op die terrein van onregverdige verryking in die Suid Afrikaanse reg het daarop gedui dat die Romeinse reg, wat die basis vorm van verrykings aanspreeklikheid, drasties getransformeer, en selfs totaal verander behoort te word ten gunste van 'n nuwe paradigma van vereistes. In dieselfde asem word voorgestel dat verryking nie meer onderdanig aan die ander obligations, te wete kontrakte- en deliktereg, gestel behoort te word nie, en dat dit 'n selfstandige derde been van die verbintenisreg behoort te vorm. Deur gehoor aan hierdie hervorming te gee sal egter impliseer dat die belangrike vereiste van verarming buite rekening gelaat kan word, en ook dat grondbeginsels van die verrykingreg, soos byvoorbeeld die reverdigheids- en die ekwiteitsbeginsel, verlore mag gaan. Die moontlikheid om die condictiones gedeeltelik of volledig te vervang word ook deur sommige kontemporêre skrywers ondersoek. Die belangrikste protagonis vir hierdie hervormings is Visser wat dit in sy boek Unjustified Enrichment uiteensit. In teenstelling hiemee wil hierdie artikel argumenteer dat die Romeinse reg 'n uitstekende en voldoende basis vorm vir die ontwikkelings wat op die terrein van die verrykingsreg voorgestel word. Die artikel wil verder argumenteer vir die behoud van die regverdigheids grondslag, soos ontwikkel deur die Romeinse-en gemene reg, as eerste beginsel van die verrykingsreg. Hiervoor word die regs-historiese metode aangewend. Hierdie metode toon nie die Romeinse reg tekste binne die konteks van die Corpus Iuris Civilis aan nie, maar eerder binne die konteks waarin hulle deur die klassieke juriste oorspronklik geskryf is. Die gevolg hiervan is dat die tekste veel meer kontekstueel uitgelê kan word. Sonnekus se boek Ongegronde Verryking in die Suid Afrikaanse Reg asook Du Plessis se boek The South African Law of Unjustified Enrichment word ook bespreek. Om die argumente af te sluit sal twee spesifieke probleme in die verrykingsreg oorweeg word. Ten eerste sal die afwatering van die wederkerigheids beginsel in die verrykingsreg, bespreek word, gevolg deur 'n analise van die verslapping van die par delictum reel in die Suid Afrikaanse reg. Daar word geargumenteer dat daar in beide hierdie gevalle meer indringende dringeder teoretiese herstelwerk aan die foutiewe interpretasiese van die howe gedoen behoort te word, eerder as om die Romeinse reg te probeer hervorm deur dit te vervang met regsbeginsels wat afkomstig is vanuit kontinentale gekodifiseerde stelsels wat onversoenbaar met ons reg is. Daar word ten slotte oorweging gegee aan die feit dat indien bogenoemde foute slegs deur wetgewing reggestel kan word, dit oorweeg behoort te word dat die gemene reg slegs hervorm kan word binne die fundamentele grondbeginsels van die onregverdige verrykingsreg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License