SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

DU PLESSIS, M A (Riëtte). Kliniese Regsopleiding: Die Vasstelling van die Missie en Fokus van 'n Universiteitregskliniek en die Verwagte Uitkomste, Tegnieke en Waardes. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.312-327. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a4.

Die doel en fokus van verskillende tipes regsklinieke word aangedui waarna daar op universiteitsregsklinieke gefokus word. Kritiek vanuit die regspraktyk rakende die praktiese gereedheid van LLB graduandi bevestig die belangrike rol van praktiese regskursusse. Sodanige kursusse moet, ten einde suksesvol te wees, volgens universeel aanvaarbare riglyne beplan word. Alvorens 'n leerplan beplan word, moet die kliniek se missie en fokus, asook die rol van die kliniese toesighouers bepaal word. Die leerplan moet aan bepaalde uitkomste, tegnieke en waardes voldoen. In hierdie artikel word uitkomste, tegnieke en waardes uit verskeie internasionale jurisdiksies saamgevat en met die van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke vergelyk. Die doel is tweesydig: die resultaat toon eerstens in hoeverre Suid-Afrikaanse klinieke aan internationale tendense voldoen Tweedens verleen dit dan ook aan Suid-Afrikaanse klinieke die geleentheid om hulle leerplanne in die lig van die resultate te hersien, waar nodig.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License