SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

KNOBEL, Johann. Die Bewaringstatus van die Wigstertarend in die Australiese Reg en Gedagtes oor die Waarde van 'n Vroeë Regsingreep Ten Aansien van die Bewaring van 'n Spesie. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.293-311. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a3.

Die Wigstertarend (Aquila audax)was histories een van die mees vervolgde roofvoëlspesies op aarde. Tans geniet dié arend volledige regsbeskerming. Die Australiese omgewingsreg het waarskynlik 'n belangrike bydraende rol gespeel ten opsigte van die prima facie gunstige bewaringstatus van die spesie. Vergeleke met die intensiewe bewaringsingrepe wat in Spanje ten opsigte van die Spaanse Keiserarend (Aquila adalberti)van regsweë vereis word, is die bewaringsingrepe wat regtens op die Australiese vasteland ten opsigte van die Wigstertarend vereis word, veel meer beperk in aantal, reikwydte en intensiteit. Die Australiese bewaringsingrepe kan egter prima facie as effektief beskou word, en kan waarskynlik onder andere toegeskryf word aan die feit dat volledige regsbeskerming ingetree het voordat die spesie deur uitwissing bedreig is. Daar word aan die hand gedoen dat die vroegtydige regsbeskerming van 'n spesie minder beswarend op individue en die staat sal wees, as regsbeskerming wat eers ingetree het op 'n stadium toe die betrokke spesie reeds deur uitwissing bedreig is. Hierdie insig het toepassingswaarde ten opsigte van die aanwending van omgewingsreg en -beleid vir die beskerming van roofvoëls in ander regstelsels, insluitend dié van Suid-Afrika.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License