SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

BUCHNER-EVELEIGH, Mariana  y  VOGEL, Fred. Artikel 71 van die Nasionale Gesondheidswet: 'n Pleit vir Hersiening van die Toestemmingsvereiste vir Deelname van Kinders in Gesondheidsnavorsing. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.280-292. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a2.

Die Nasionale Gesondheidswet handel spesifiek oor die toestemming van kinders tot deelname aan gesondheidsnavorsing. Artikel 71, wat op 1 Maart 2012 in werking getree, het, verplig ouers of voogde om toestemming vir navorsing met kinders, ongeag hul ouderdom, te verleen. Daarbenewens moet die kind toestem as hy of sy voldoende begrip toon. Alhoewel die doel van die artikel is om kinders te beskerm, is dit nie sonder kritiek nie. Die artikel neem nie die outonomie van adolessente voldoende in ag nie en ignoreer ook die feit dat baie kinders nie ouers of voogde het nie, maar deur sorggewers versorg word. Die doel van die artikel is dan juis om na hierdie twee punte van kritiek te kyk en aanbevelings te maak. In die bespreking sal dit duidelik blyk dat die artikel in stryd is met bepalings van die Kinderwet en die Wet op die Beëindiging van Swangerskap en dat dit ook kinders se grondwetlike regte ondermyn. Spesiale aandag word ook gegee aan die vraag of sorggewers, veral kinderhoofde van huishoudings, toestemming tot navorsing kan gee.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons