SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue2The requirements for validity and proprietary consequences of monogamous and polygynous customary marriages in South Africa: Some observationsThe conservation status of the Wedge-tailed Eagle in Australian law and thoughts on the value of early legal intervention in the conservation of a species author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BUCHNER-EVELEIGH, Mariana  and  VOGEL, Fred. Artikel 71 van die Nasionale Gesondheidswet: 'n Pleit vir Hersiening van die Toestemmingsvereiste vir Deelname van Kinders in Gesondheidsnavorsing. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.280-292. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a2.

Die Nasionale Gesondheidswet handel spesifiek oor die toestemming van kinders tot deelname aan gesondheidsnavorsing. Artikel 71, wat op 1 Maart 2012 in werking getree, het, verplig ouers of voogde om toestemming vir navorsing met kinders, ongeag hul ouderdom, te verleen. Daarbenewens moet die kind toestem as hy of sy voldoende begrip toon. Alhoewel die doel van die artikel is om kinders te beskerm, is dit nie sonder kritiek nie. Die artikel neem nie die outonomie van adolessente voldoende in ag nie en ignoreer ook die feit dat baie kinders nie ouers of voogde het nie, maar deur sorggewers versorg word. Die doel van die artikel is dan juis om na hierdie twee punte van kritiek te kyk en aanbevelings te maak. In die bespreking sal dit duidelik blyk dat die artikel in stryd is met bepalings van die Kinderwet en die Wet op die Beëindiging van Swangerskap en dat dit ook kinders se grondwetlike regte ondermyn. Spesiale aandag word ook gegee aan die vraag of sorggewers, veral kinderhoofde van huishoudings, toestemming tot navorsing kan gee.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License