SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

MAITHUFI, Papa IP. Die Vereistes vir die Geldigheid en Vermoënsregtelike Gevolge van Monogame en Poligene Gebruiklike Huwelike in Suid Afrika: 'n Paar Waarnemings. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.2, pp.261-279. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/v48n2a1.

Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 erken beide monogame en poligene gebruiklike huwelike. Dit gee die vereistes vir geldige gebruiklike huwelike en stipuleer die vermoënsregtelike gevolge daarvan. Monogame gebruiklike huwelike mag óf binne gemeenskap van goedere wees óf buite gemeenskap van goedere. Waar daar geen voorhuwelikse kontrak bestaan nie sal monogame gebruiklike huwelike binne gemeenskap van goedere geag word. Hierdie reëling kan tot die nadeel wees van 'n gade wat nie verkies of bedoel het dat dié huweliksgoedere bedeling toepassing moes vind nie. 'n Gebruiklike huwelik is 'n proses, wat aanvang vind by die onderhandeling rakende lobolo en eindig by die oorhandiging van die bruid aan die familie van die bruidegom. Dit is daarom moontlik dat daar aan al die vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik voldoen word, voordat die aanstaande gades 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge bereik het. Dit word aangevoer dat 'n ooreenkoms rakende die vermoënsregtelike gevolge 'n vereiste vir die totstandkoming van 'n geldige gebruiklike huwelik moet wees. Wilsooreenstemming is een van die belangrikste vereistes vir 'n geldige gebruiklike huwelik. Die aanstaande gades moet wilsooreenstemming bereik om met mekaar te trou, onderworpe aan die gewoontereg. Op dieselfe wyse waarop wilsooreenstemming, om ooreenkomstig die gewoontereg te trou, bereik word, moet die aanstaande gades toegelaat word om die vermoënsregtelike gevolge van hulle huwelik te bepaal om sodoende te voorkom dat regsprobleme onstaan in die geval waar die man besluit om met meer as een vrou te trou. Waar 'n man in 'n gebruiklike huwelik besluit om nog 'n vrou te trou ooreenkomstig die gewoontereg, sal hy 'n kontrak moet verkry wat die vermoënsregtelike gevolge van sy huwelike bepaal. Die proses om aansoek te doen vir hierdie kontrak word volledig bespreek, alhoewel die versuim om dit te doen nie die geldigheid van die opvolgende gebruiklike huwelike raak nie.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons