SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

BAULING, Andrea  and  NAGTEGAAL, Annelize. Die Grondwet, verbruikersbeskerming en brood as menswaardigheid. De Jure (Pretoria) [online]. 2015, vol.48, n.1, pp.149-171. ISSN 2225-7160.  http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2015/V48N1A9.

Die belang van die onderlinge verband tussen mense- en verbruikersregte, (her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as 'n instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlik-voorgeskrewe plig om op 'n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig. Die Wet op Verbruikersbeskerming1 stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien 'n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid-Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na 'n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in 'n mindere mate, bydra tot die proses om armoede uit te roei en gelykheid in die samelewing daar te stel. Alle geleenthede moet benut word in die soeke na maniere om armoede aan te spreek. Die hoop is dat die Wet op Verbruikers-berskerming die era van die etiese kontrak sal inlei.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License